Ek klink seker soos ‘n plaat wat vashaak, maar ek kan steeds nie glo dat ons na meer as 350 jaar van wynmaak steeds geen wynkultuur in Suid-Afrika het nie. Waar lê die fout? Of moet mens eerder vra by wie lê die fout?
Wines of South Africa (WOSA) doen volgens alle aanduidings ‘n goeie joppie met die bemarking van ons wyn in die buiteland. Oukei, nie almal sal seker saamstem met daai stelling nie, maar kom ons aanvaar dit as ‘n feit … net vir argumentsonthalwe.