SAWi (Suid-Afrikaanse Wynindeks) het ‘n beperkte wynreeks as deel van sy Ambassadeursklub bekend gestel. Hierdie 24 wyne is verteenwoordigend van die beste uit Suid-Afrikaanse bodem, met 14 wyne wat ‘n perfekte 100 punte op die SAWi van 2011 behaal het. Die res bestaan uit wyne wat in SAWi se 96+ Klub ingesluit is.
Die indeks is ‘n multi-oesjaar wyngraderingspunt, afgelei uit ‘n kombinasie van voorkeure van ‘n diverse groep wynbeoordelaars wat veskeie plaaslik en oorsese wynkompetisies (volgens gewigstoekennings) verteenwoordig en dan saamgevat word in ‘n enkele puntetelling. Ander oorwegings sluit in deurlopendheid van kwaliteit, en ‘n nominale punt word toegevoeg vir addisionele prestasie soos vir ‘n trofeëwenner. Beoordeling vind verder plaas volgens verouderingskategorieë.
Wynliefhebbers kan nou ‘n keuse maak uit vier kiste van 6 wyne elk en dit teen R1 600 per kis via Cybercellar aanlyn (www.cybercellar.com) bestel.
Seleksie 1
Kanonkop – Paul Sauer Cabernet Sauvignon, Saronsberg – Full Circle Mourvedre Viognier, Bouchard Finlayson – Galphin Peak Pinot Noir, Cederberg – Sauvignon Blanc, Rijks Private Cellar – Private Cellar Pinotage, De Krans – Cape Tawny Port.
Seleksie 2
Hamilton Russel Vineyards – Chardonnay, Saronsberg – Shiraz, Stellenzicht – Cabernet Sauvignon, Neetlingshof – Maria Riesling Noble Late Harvest, Bouchard Finlayson – Hannibal, Mulderbosch – Chardonnay Hout Verouderd.
Seleksie 3
Oak Valley – Elgin Pinot Noir, La Motte – Shiraz Viognier, KWV – Mentor Shiraz, Kleine Zalze – Chenin Blanc Hout Verouderd, Klein Constantia – Vin de Constance Sweet Wine, Kanonkop - Pinotage.
Seleksie 4
Hamilton Russel Vineyards – Pinot Noir, Eagles’ Nest – Shiraz, Groot Constantia – Gouverneurs Reserve Cabernet Blend, Paul Cluver – Chardonnay, Lomond – Pincushion Sauvignon Blanc, Paul Cluver – Riesling Noble Late Harvest.
Wyne van die Ambassadeursklub word uitgesonder vir hul keurigheid en elegansie, terroir-aspekte en integriteit. Hierdie wyne is deurtrek met ‘n gevoelsindruk van plek, soos vergelykings met wynkultivars wel aandui.
Elke kis bevat onderskeie SAWi-Ambassadeursklubwynkaarte (met meer oor die terroir-aspekte en proenotas oor elke wyn), tesame met ‘n versamelaarsplakkaat van die 24 wyne.
Verder is daar ‘n SAWi-Ambassadeursklub- iPad-toepassingsprogram aflaaibaar van die Apple-aanlynstoor. Vir meer inligting, besoek www.sawineindex.com.
Einde