Eikendal vier 31 jaar van wynmaak

Piekniek op die grasperk onder die bome.

Maak seker jy skud jou feesvere reg en kies koers na die Stellenbosch wynlandstreek wanneer Eikendal hulde bring aan 31 jaar van wynmaak tydens sy immergewilde Weintaufe-Oesfees op Sondag, 4 Maart.

 

Hierdie feestelike instelling word jaarliks deur dié bekende wynplaas gehou ter afsluiting van nog ‘n suksesvolle oes, en het homself oor die afgelope drie dekades as ‘n opwindende hoogtepunt op die sosiale kalender gevestig met hope pret en plesier vir oud en jonk.

 

Buiten dat dit ‘n luilekker-buitelugmakietie is, is Eikendal se Weintaufe-Oesfees ook ‘n ontmoeting met wêreldklaswyn in wording. Eikendal is bekend vir sy roemryke chardonnay en rooiwynversnitte, en besoekers sal die vrugte van sy afgelope oes kan ervaar wanneer ‘n vaatjie van die kelder se eerste wyn vir 2012 – sy vlagskip-chardonnay – nader geskuif word. Nie net kan volwassenes hierdie wyn dan geniet nie, maar dit sal dit ook gedoop word met ‘n gepaste naam op die dag van die feesvieringe.

 

Bring die familie en vriende en kom strek uit langs die dam vir ‘n al fresco-samesyn en sluit jou naweek op ‘n hoogtepunt af met Eikendal-wynproeë, musiekvermaak, kuns- en huisvlytstalletjies, gelukstrekkings, trekkerritte deur die wingerd, vlieghengel, druiftrap, ponieritte en hope kaskenades vir die jongspan.

 

Daar sal heerlike kos en wyn te koop wees; al wat jy moet onthou, is jou piekniekkombers!

 

Links: Druiwetrap is een van die pret-aktiwiteite op Eikendal.

 

Kaartjies vir die Eikendal Weintaufe 2012 kos R60 per persoon en sluit ‘n wynglas in vir volwassenes, terwyl kinders onder 12 jaar GRATIS toegang geniet. Die kaartjies is vooraf beskikbaar, direk vanaf Eikendal, of by die hekke op die dag van die Weintaufe. Die pret skop af om 10vm met die amptelike “doopseremonie“ omstreeks 12h00.

 

Eikendal is geleë op die R44, halfpad tussen Stellenbosch en Somerset-Wes.

 

Vir navrae en voorafbespreking, skakel Eikendal by 021 855 1422 of stuur ‘n epos na info@eikendal.co.za.

 

Einde