Wynroetes van Suid-Afrika/Wine Routes of South Africa

Here is a list of the different wine routes in South Africa with a short description of each, as well as contact details.

Breedekloof-wynroete

Geen inligting verskaf.

Constantia Wine Valley (www.constantiavalley.com)

 

The Constantia Wine Valley is a fertile pocket of land in the Cape Peninsula with a unique terroir that stretches across only 0.45% of South Africa’s totale wine hectares.

 

The ten Constantia Valley wine producers are Groot Constantia, Klein Constantia, Steenberg Vineyards, Eagles’ Nest, Buitenverwachting, Constantia Uitsig, Constantia Glen, High Constantia, Beau Constantia and Silvermist.

 

Groot Constantia was established by Simon van der Stel in 1685 and is still recognised as one of the world’s oldest trademarks.

 

Contact: Karen Michalowsky – Office Manager (Tel: 021-794-0542; Email: karen@constantiavalley.com)

 

Darling Wine Experience (www.darlingtourism.co.za)

The Darling Wine Experience is found along the Cape West Coast, about an hour’s drive from Cape Town. This compact wine route consists of only 5 wine producers, including Groote Post, Tukulu and Darling Cellars. During spring, this area becomes a haven for admirers of the Cape’s unique flora, fynbos, as it is part of the Cape Floral Kingdom. Stop for lunch on Groote Post.

Contact: Shaun McLaughlin (Tel: 022-492-3430; Email: mclaughlin@worldonline.co.za)

 

Durbanville-wynvallei (www.durbanvillewine.co.za)

Die Durbanville-wynvallei is letterlik in Kaapstad se agterplaas. Sowat ‘n halfuur se ry van die Moederstad af lê hierdie pragtige vallei, met asemrowende uitsigte plek-plek op Kaapstad, Tafelbaai en Tafelberg, sy juwele bloot. Veral bekend vir sy sauvignon blanc- en merlot-wyne, bied die Durbanville-wynvallei ook ‘n verskeidenheid eetplekke. Bekende wynmakerye sluit in Diemersdal, Meerendal, De Grendel en Durbanville Hills. Hier is ook ‘n handvol garagiste-wynmakers wat die moeite werd is om te besoek.

Kontak: Michelle van Staden – Bemarkingsbestuurder (Tel: 083 310 1228; Epos: info@durbanvillewine.co.za)

 

Franschhoek Vignerons (www.franschhoekwines.co.za)

Franschhoek word beskryf as die gastronomiese hoofstad van Suid-Afrika, maar dis nie net kos wat hierdie natuurskone vallei wêreldbekend gemaak het nie. Wyne met name soos Boschendal, Cabrière, Graham Beck, La Motte, L’Ormarins, Rupert & Rothschild en Plaisir de Merle op die etiket, is ewe wyd bekend. Die vallei is so ‘n uur se ry van Kaapstad af, maar die groot verskeidenheid eet- en verblyfplekke maak daarvan ‘n groot gunsteling vir oornagverblyf.

 

Kontak: Ann Ferreira (Tel: 021-874-1258; Epos: Ann@grahambeckwines.co.za)

 

Klein Karoo-wynroete (www.kleinkaroowines.co.za)

Die Klein Karoo-wynroete strek oor ‘n afstand van byna 300 km vanaf Montagu tot in die omgewing van Hermanus, wat dit die langste wynroete in Suid-Afrika maak. Vir die lekkerste muskadel moet mens op Montagu stop, terwyl Calitzdorp nie verniet die port-hoofstad van Suid-Afrika genoem word nie. Tussenin wag die lekkerste potketelbrandewyn op Barrydale, asook ‘n verskeidenheid wit- en rooiwyne wat puik waarde vir geld bied.

 

Kontak: Ellen Marais – Skakelbeampte (Tel: (028) 572-1284; Epos: info@kleinkaroowines.co.za)

 

Paarl Vintners

 

Geen inligting verskaf.

 

Robertson-wynvallei (www.robertsonwinevalley.com)

Die vallei van feeste! Die Robertson-wynvallei het die afgelope dekade groot naam gemaak met sy vier wynfeeste, maar was dit nie vir die wynmakers se uitmuntende wyn, die streek se heerlike kos, die natuurskone omgewing en die landelike gasvryheid nie, dan sou die feeste ook nie so suksesvol gewees het nie. En met groot name soos Bon Courage, Graham beck, Springfield, Van Loveren, Weltevrede en Zandvliet in sy midde, kan die Robertson-wynvallei net van krag tot krag gaan.

Kontak: Elizma Spangenberg – Bestuurder (Tel: (023) 626-3167; Epos: manager@robertsonwinevalley.com)

 

Stellenbosch-wynroetes (www.wineroute.co.za)

Die heel eerste wynroete in Suid-Afrika, steeds die grootste en die vernaamste vertoonvenster van die gehalte van Suid-Afrikaanse wyn! Van druiwesap tot vonkelwyn, van grappa tot brandewyn, van droë tot soetwyn, van wit tot rooi (en pienk tussenin!), die Stellenbosch-wynroete het dit alles. En dit word alles pragtig verpak in een van ons land se heel mooiste omgewings. En as jou smaakkliere meer as net wyn uit die heel boonste rakke waardeer, bied Stellenbosch jou ook kos uit dieselfde hoë rakke. As name soos Delheim, Kanonkop, Simonsig, JC le Roux, Spier, Beyerskloof, Alto, Lourensford en Vergelegen nie jou belangstelling prikkel nie, is jy beslis nie ‘n wynliefhebber nie.

Kontak: Annareth Bolton - Hoof Uitvoerende Beampte (Tel: 021-886-8275; Epos: annareth@wineroute.co.za)

 

Swartland-wynroete (www.swartlandwineroute.co.za)

 

Groen wingerde, goue graanlande, olyfboorde en geel kanola in ‘n golwende landskap. Dis die Swartland. Maar vir wynliefhebbers is die Swartland ook shiraz, pinotage en chenin blanc, terwyl proefnemings met skaarser kultivars soos malbec, grenaché en viognier al hoe meer vrugte afwerp in hierdie natuurskone wynstreek.

En moenie dink jy gaan net wyne van formaat proe hier nie, jy gaan ook verras word met geregte en verblyf wat jou sal laat terug keer ... weer en weer!

Verras jouself met ‘n besoek aan die Swart-wynroete, skaars ‘n uur se ry van Kaapstad af.

Kontak: Jolene Janse van Rensburg - Skakelbeampte (Tel: 022-487-1133; Epos: swartlandinfo@westc.co.za)

 

Tulbagh-wynroete (www.tulbaghwineroute.com)

Drostdy-Hof, Saronsberg, Theuniskraal en Twee Jonge Gezellen is van die bekende handelsmerke in die Suid-Afrikaanse wynbedryf wat uit hierdie area kom. Hoewel die Tulbagh-wynroete ‘n goeie twee uur se ry van Kaapstad af is, bied die vallei so ‘n groot en diverse rykdom in wyn, kos en geskiedenis dat ‘n besoek ‘n absolute moet is.

 

Kontak: Patty Nieuwoudt (Tel: 023-230-1348; Epos: tulbaghinfo@lando.co.za)

 

Walker Bay (www.hermanuswine.com)

Die Walker Bay-wynstreek behels die Elgin-vallei, Hermanus Wines, die Hemel-en-Aarde-vallei en die Strandveld. Walker Bay, sowat twee uur se ry van Kaapstad af, is dubbel en dwars ‘n besoek werd, veral as jy ‘n voorliefde vir pinot noir, chardonnay en sauvignon blanc het, maar hier’s ook ander wyne wat menige kenner al uitgeboul het. Maar bly gerus oor (vir minstens een nag) en geniet die wonderlike wyne en kos wat hier op die besoeker wag.

 

Kontak: Frieda Lloyd (Tel: 028-316-2761; Epos: frieda@hermanuswine.com)

Wellington-wynroete (www.wellington.co.za)

Min wynstreke kan aanspraak maak daarop dat hulle die geboorteplek van ‘n land se wynbedryf is, maar as ‘n streek meer as 80% van die wingerdstokkies lewer wat in daai land aangeplant word, het hy sekerlik die reg daartoe. Om hierdie rede word Wellington beskou as die geboorteplek van Suid-Afrika se wyne en sy 25 produsente sal jou ook gou oortuig dat die storie van wyn die volle sirkel loop hier – van wingerd tot wyn! Hul puik wyne spreek vanself.

Kontak: Trudy OosthuizenBemarkingsbestuurder (Tel: 021-873-4604; Epos: wine@wellington.co.za)

 

Weskus-wynroete (wineroute@vodamail.co.za)

Hierdie wynroete, voorheen bekend as die Olifantsrivier-wynroete, lê langs die Kaap se weskus en sluit die dorpies Klawer, Vredendal en Lutzville in. Hier vind jy nie minder nie as 15 wynprodusente, van groot koöpertatiewe kelders soos Spruitdrift en Klawer tot kleiner wynprodusente soos Fryer’s Cove, Seal Breeze en Bellpost. Die streek se wyne is sprekend van sy mense – hartlik, vriendelik en vrygewig.

 

Kontak: Monika Greeff (Tel: 027-213-3126; Epos: wineroute@vodamail.co.za)

 

Worcester-wynroete (www.worcesterwineroute.co.za)

 

Net anderkant Worcester en tussen Worcester en Villiersdorp wag een van die Kaapse wynlande se grootste verrassings. Kompak, met net tien wynmakerye wat wissel van boetiek tot baie groot koöperatief, en met die Breërivier wat soos ‘n slagaar deur hom loop, bied hierdie wynroete nie net uitmuntende wyne en druiwesappe nie, maar ook olyfprodukte wat al wêreldwyd naam gemaak het.

 

Kontak: Elzabé Morkel - Hoof Uitvoerende Beampte (Tel: 023-342-8710; Epos: info@worcesterwineroute.co.za)

 

SA Brandewynroetes

 

Geen inligting verskaf.