Dis al weer sulke tyd, en die Afrika-landskap is ’n swetterjoel nuwe lewe. Amarula, die Afrika-drankie, het pas twee verfrissende, nuwe resepte vir mengeldrankies bekend gestel, en dié weerspieël die lewenskragtigheid van die lente en somer in die suidelike halfrond.
Amarula-sitruspassie voeg Amarula, lemoenlikeur, grenadella-wrongel, lemoenstroop en ’n tikkie wit sjokolade-ganache saam – geskud, oor ys gegooi en met lemoenskil gegarneer.