Accommodation

The winelands offer a wide and diverse range of accommodation, from comfortable selfcatering to luxurious decadence. And they’re all situated on wine estates!

Lemberg bied die ideale plek vir uitspan en ontspan

Uitspan en ontspan in 'n rustige landelike omgewing, dis Lemberg se gerieflike rondawel.

Ek en vroulief het vroeër vanjaar ‘n lelike stel afgetrap met verblyf naby Hermon in die Riebeek-vallei toe ons deur die internet ‘n naweek in ‘n sogenaamde vierstergastehuis op die oewer van die Bergrivier bespreek het. Alles op die gastehuis se webblad het pragtig gelyk en geklink, maar die werklikheid was heeltemal anders.

Sedertdien is ons baie versigting vir mooi beskrywings en foto’s en doen ons eerder navraag by toerismekantore en mense wat die betrokke omgewing en sy verblyf ken.

Knorhoek se gastehuis bied ‘n heerlike wynlandtoevlug

Knorhoek bied rus en vrede in 'n idilliese wynlandomgewing.

Daar’s ‘n rympie wat ek uit my laerskooldae onthou wat min of meer so gaan: “As die lewe te veel word in die stad, pak jou goedjies en vat die pad ...” Waarheen? Wel, wat van die gastehuis op die wynlandgoed Knorhoek daar teen die laer hange van die Simonsberg buite Stellenbosch. Hier ontvlug jy nie net die rotresies nie, maar jy kan sowel vlees as gees ‘n welverdiende blaaskans gee te midde van die mooiste en rustigste natuurskoon.

In die Banghoekvallei wag die paradys reg langs die hel!

Dis mos soos die paradys moet lyk, en reg voor is Alluvia, heel gepas!

Vat die Helshoogtepad uit Stellenbosch uit, stop dan reg bo-op die kruin en kyk in die Banhoekvallei (ook bekend as Banghoek) af. As daai prentjiemooi toneel jou nie aan die paradys of ten minste ‘n poskaart laat dink nie, wel ...

Reg voor jou, daar waar die vallei hom teen Helshoogte vasloop, lê Alluvia, ‘n boetiekwynmakery wat nie net wyn maak wat jou smaakkliere laat rieldans nie, maar ook verblyf bied wat jou laat verstaan hoekom hul brosjure praat van “a match made in heaven”! Dis nou tussen natuurskoon, wyn en verblyf.

Sindikeer inhoud