Wynnuus

Enige en alle nuus oor wyn en wynverwante aangeleenthede word hier geplaas. Indien jy enige wynverwante nuus het wat jy reken blootstelling verdien, stuur dit met foto’s in lae resolusie aan bacchus@planeetwyn.co.za.

Durbanville-wynvallei lig die kurk op nuwe wyne

Die eerste chenin blanc uit die Durbanville-wynvallei!

’n Halfdosyn kelders in die Durbanville-wynvallei het pas tien nuwe wyne bekend gestel wat wynliefhebbers sal laat regop sit, onder meer die wynstreek se eerste chenin blanc – Anna de Koning van Phizantekraal.

It’s all about wine ... and you can even make your own!

Here's to (another) great harvest ... and the best of luck to all our winemakers. Make us proud (again)!

There is excitement in the Stellenbosch air with harvest time upon us! This year winemakers will crush the 353nd grape harvest of South Africa’s wine history, making South Africa the oldest New World wine making country in the world.

   
On the 2nd of February 1659 the first wine was produced from Cape grapes. According to documentation found, the grapes were in all probability muscadel, and they only produced 15 litres. Jan van Riebeeck wrote in his diary: “Today, praise be to God, wine was pressed for the first time from Cape grapes.”

 

Kaapse Wynmakersgilde se protégés maak hul eie wyne

Andre Kotze, Elmarie Botes en Abrie Beeslaar.

Aspirant-wynmakers wat deel is van die Kaapse Wynmakersgilde se Protégé-program gaan die kans kry om hul eie wyne in hul eie wynvate te maak danksy ‘n skenking van Franse Quintessence-houtvate deur die Cape Cooperage Groep van die Paarl.

Die Cape Cooperage Groep het intussen hul ooreenkoms met die gilde verleng en sal tot 2014 aan elke protégé in hul tweede jaar ‘n wynvat skenk en sodoende verseker dat toekomstige protégés ook die geleentheid sal hê om met hul eie wyne te eksperimenteer.

Pinotage Association and ABSA renew partnership

Get your copy of this "wine bible" and enjoy pinotage in all its many forms.

ABSA, the main sponsor of the Pinotage Association since 1997, has committed itself to a sponsorship of another five years until 2017.

Teubes Family Wines open nuwe, moderne kelder by Vredendal

Teubes Family Wines se nuwe, moderne kelder buite Vredendal.

‘n Aanwins vir die streek! ‘n Nuwe maatstaf vir gehalte! Goeie en eenvoudige gesinswaardes wat na die wyne deurgevoer word!

 

Dit was sommige van die beskrywings van wynmense, vriende en familie op die amptelike opening van Teubes Family Wines se splinternuwe en spoggerige kelder net buite Vredendal. Dit is ook die jongste toevoeging tot die gewilde Weskus-wynroete.

 

SAWi stel beperkte wynreeks bekend

SAWi se een keuse. Daar is nog drie met uitsoekwyne om jou mond te laat water!

SAWi (Suid-Afrikaanse Wynindeks) het ‘n beperkte wynreeks as deel van sy Ambassadeursklub bekend gestel. Hierdie 24 wyne is verteenwoordigend van die beste uit Suid-Afrikaanse bodem, met 14 wyne wat ‘n perfekte 100 punte op die SAWi van 2011 behaal het. Die res bestaan uit wyne wat in SAWi se 96+ Klub ingesluit is.

 

Chinese wines beat French in tasting, but …

But we still prefer red wines made from SA grapes and by SA winemakers!

 

BEIJING (Reuters) - Chinese wines took the top four places in a China vs Bordeaux “blind” tasting competition on Wednesday, but it wasn't exactly a thrashing of the world's most elite wines by Chinese upstarts, writes Terril Yue Jones.

SA se wynjuweel kry sy eie gids

Jou nuwe "bybel" wanneer dit by wyn en kos en wyn kom!

‘n Omvattende nuwe gids tot Suid-Afrika se bekendste inheemse druifsoort, pinotage, bied aan wyngeesdriftiges ‘n insig tot die vele fasette van ‘n druif wat wêreldwyd as ‘n wynjuweel bekend staan.

The US has big binge-drinking problem

A glass or two over a meal daily is much better than a bottle or two at any occasion.

More than 38 million US adults binge-drink an average of four times a month, and the most drinks they consume on average is eight, according to a new Vital Signs report form the Centers for Disease Control and Prevention. … binge-drinking is more common among young adults aged 18 – 34 …

 

Wyngeure die fokus op ProWein 2012

Wyngeure is vanjaar die besprekingspunt op ProWein 2012.

Drie invloedryke wynpersoonlikhede uit die sogenaamde Ou Wêreld gaan op versoek van vyf wynproduserende gebiede uit die “Nuwe Wêreld” ’n reeks meesterklasse met die fokus op wyngeure op ProWein 2012 in Dusseldorf in Duitsland aanbied. ProWein 2012 vind van 4 tot 6 Maart plaas.

ProWein is een van die belangrikste internasionale handelskoue vir die wynbedryf en lok gewoonlik uitstallings van sowat 50 lande, en trek nagenoeg 40 000 afgevaardigdes.

Sindikeer inhoud